Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verag
verag [boodskap #137601] Ma, 16 Augustus 2021 08:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verag
Afbreking: ver•ag
Samestelling: ver- + ag


Byvoeglike naamwoord: verag
Attributief: veragte

Betekenis:
• Wat minder geag (geminag) word.

Gebruik:
• 'n Veragte Samaritaan het hom jammer gekry en hom gehelp.

Afgelei:
• veragtelik
• veragtelikheid
• veragter

Vertaling:
Engels: despised
Nederlands: veracht


Werkwoord: verag
Verlede tyd: het verag
Teenwoordige deelwoord: veragte

Betekenis:
• Om iets of iemand met minagting te bejeën.

Gebruik:
• Hulle het die rykdom van die kerk en die pous verag.

Sinoniem:
• afstoot
• minag
• verafsku
• verfoei
• verpes
• versmaad

Vertaling:
Engels: to despise, scorn, abominate
Nederlands: verachten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wegkwyn
Volgende onderwerp: snuif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 20:35:42 MGT 2024