Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanknoop
aanknoop [boodskap #137537] Di, 10 Augustus 2021 10:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanknoop
Afbreking: aan•knoop
Samestelling: aan + knoop


Werkwoord: knoop aan, aanknoop
Verlede tyd: het aangeknoop

Betekenis:
• Om vas te knoop.
• Om iets te begin (soos 'n gesprek, vriendskap of verhouding).
• By die voorafgaande aansluit; verder uitbrei.

Gebruik:
• Ek kan self my das aanknoop.
• Wanneer laas het jy 'n geselsie met jou bure aangeknoop?
• Om by die vorige spreker aan te knoop, wil ek ook net noem dat...

Sinoniem:
• aansluit
• inisieer
• vasknoop
• vasmaak

Afgelei:
• aanknopingspunt
• aanknoping

Vertaling:
Engels: to fasten, tie on, button up; to enter into, begin; to expand
Nederlands: aanknopen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omgangstaal
Volgende onderwerp: staatsamptenaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 20:26:40 MGT 2024