Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » evangelie
evangelie [boodskap #137449] So, 01 Augustus 2021 19:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
evangelie
Afbreking: e•van•ge•lie


Selfstandige naamwoord: evangelie
Meervoud: evangelies
Verkleinwoord: evangelietjie
Meervoud van verkleining: evangelietjies

Betekenis:
• Die blye boodskap van Jesus se oorwinning oor die dood, of 'n boek wat die oortuiging huldig, veral die eerste vier boeke van die Nuwe Testament.
• (figuurlik) 'n Boodskap of oortuiging wat iemand uitdra en verkondig.

Gebruik:
• Die Bybel bevat die Evangelie volgens Matteus, Evangelie volgens Markus, Evangelie volgens Lukas en die Evangelie volgens Johannes.
• Wees versigtig vir die liberale evangelie wat Hollywood verkondig.

Sinoniem:
• dogma
• gelykenis
• geskrif
• testament

Afgelei:
• evangelie-arbeid
• evangeliebediening
• evangelieboek
• evangeliedienaar
• evangelieleer
• evangelieprediker
• evangelieprediking
• evangeliese
• evangelieverspreiding
• evangeliewoord

Vertaling:
Engels: gospel
Nederlands: evangelie

Nota:
• Van Griekse, euangelion (εὐαγγέλιον), die goeie/blye boodskap.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: milieu
Volgende onderwerp: noodwiel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 14:50:48 MGT 2024