Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » weefsel
weefsel [boodskap #136849] Do, 10 Junie 2021 11:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
weefsel
Afbreking: weef•sel
Samestelling: weef + -sel


Selfstandige naamwoord: weefsel
Meervoud: weefsels
Verkleinwoord: weefseltjie
Meervoud van verkleining: weefseltjies

Betekenis:
• 'n Dun geweefde materiaal of tekstiel.
• (biologie) 'n Groep selle met 'n bepaalde bou en tussenmateriaal (matriks) wat 'n bepaalde funksie verrig.

Gebruik:
• Baie klere word deesdae van sintetiese weefsel vervaardig.
• Die vel bestaan uit verskeie lae weefsel wat die onderliggende spiere en organe beskerm.

Sinoniem:
• weefstof
• tekstielware

Hiponiem:
• bindweefsel
• epiteelweefsel
• senuweefsel
• spierweefsel
• vaatweefsel
• vetweefsel
• vleisweefsel

Afgelei:
• weefselgroep
• weefselleer
• weefselspanning

Vertaling:
Engels: fabric; tissue
Nederlands: weefsel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: navolger
Volgende onderwerp: welbehaaglik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 04:47:03 MGT 2024