Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waansin
waansin [boodskap #136846] Do, 10 Junie 2021 07:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waansin
Afbreking: waan•sin
Samestelling: waan + sin


Selfstandige naamwoord: waansin
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Vorm van kranksinnigheid of malheid.
• Iets wat gek of dwaas is.

Gebruik:
• In sy waansin het hy nie besef wat hy doen nie.
• Einstein se definisie van waansin is om dieselfde ding oor en oor te doen, maar ander resultate te verwag.

Sinoniem:
• gekheid
• kranksinnigheid
• malheid
• malligheid

Afgelei:
• godsdienswaansin
• grootheidswaansin
• vervolgingswaansin

Verwant:
• waansinnig
• waansinnigheid

Vertaling:
Engels: madness, craziness, insanity, lunacy
Nederlands: waanzin

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kompliment
Volgende onderwerp: beeldskoon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 05:28:42 MGT 2024