Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » werwel
werwel [boodskap #136830] Wo, 09 Junie 2021 12:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
werwel
Afbreking: wer•wel


Selfstandige naamwoord: werwel
Meervoud: werwels
Verkleinwoord: werweltjie
Meervoud van verkleining: werweltjies

Betekenis:
• (anatomie) Een van die bene van ruggraat.
• 'n Draaibare ystertjie om 'n venster of deur te sluit.
• Draaiende beweging in 'n gas of vloeistof.

Gebruik:
• Die mens se werwelkolom bestaan uit 33 werwels.
• Sy sluit die deur en haak die werwel in.
• Die hewige werwel van die wind het ons onkant betrap.

Sinoniem:
• vertebra

Afgelei:
• kruiswerwel
• nekwerwel
• rugwerwel
• valswerwel
• werweldiere
• werwelkolom
• werwelkussing
• werwelstorm
• werwelwind

Vertaling:
Engels: vertebra; swivel
Nederlands: wervel


Werkwoord: werwel
Verlede tyd: het gewerwel

Betekenis:
• Draaiend êrens heen beweeg.

Gebruik:
• Die wind werwel deur die landerye.

Afgelei:
• werweling

Vertaling:
Engels: to whirl, twist, swirl
Nederlands: wervelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skenkel
Volgende onderwerp: handgewrig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 04:27:19 MGT 2024