Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » paneel
paneel [boodskap #136823] Di, 08 Junie 2021 15:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Deur met dekoratiewe panele.
'n Deur met dekoratiewe panele.
Sonpanele
Sonpanele
paneel
Afbreking: pa•neel


Selfstandige naamwoord: paneel
Meervoud: panele
Verkleinwoord: paneeltjie
Meervoud van verkleining: paneeltjies

Betekenis:
• 'n Plat, reghoekige strook, vlak of plaat.
• 'n Groep persone wat adviseer, beoordeel, of dinge bespreek.
• 'n Bord met instrumente en kontroles.

Gebruik:
• Die deur in van panele voorsien.
• 'n Paneel van vakmanne is aangestel om die saak te ondersoek.
• Daar is rooi liggies op die motor se paneel.

Sinoniem:
• besprekingsgroep
• bord
• instrumentbord
• navorsingsgroep
• pan
• plaat
• taakgroep

Afgelei:
• beheerpaneel
• glaspaneel
• houtpaneel
• instrumentpaneel
• paneelbord
• paneelgesprek
• paneelinspeksie
• paneelkassie
• paneelkissie
• paneelklopper
• paneellamp
• paneelsaag
• paneelwa
• paneelwerk
• sonpaneel

Vertaling:
Engels: panel, dash-board, wainscot
Nederlands: paneel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: avontuurlik
Volgende onderwerp: deugsaam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 05:43:42 MGT 2024