Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grou
grou [boodskap #136793] So, 06 Junie 2021 10:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grou
Afbreking: grou


Byvoeglike naamwoord: grou
Vergrotende trap: grouer
Oortreffende trap: grouste
Attributief: groue
Intensief: loodgrou

Betekenis:
• Tussen wit en swart, soos die kleur van as en donker wolke.
• Somber en mistroostig.

Gebruik:
• Die berg was skaars sigbaar in die grou môrelig.
• Die toekoms lyk maar grou.

Spreekwoord:
• In die donker is alle katte grou. [In die donker is daar nie verskil tussen mooi en lelike meisies nie.]

Sinoniem:
• eentonig
• saai
• vaalgrys

Afgelei:
• grouagtig
• grouheid
• groukat
• groustaar

Vertaling:
Engels: grey, ash-coloured; sombre, sad, sorrowful, bleak
Nederlands: grauw


Werkwoord: grou
Verlede tyd: het gegrou
Teenwoordige deelwoord: grouende

Betekenis:
• Om te grawe.

Gebruik:
• Die hond grou 'n gat in die tuin.
• Moenie in jou neus grou nie!

Vertaling:
Engels: to dig
Nederlands: graven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: soom
Volgende onderwerp: plein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 04:47:58 MGT 2024