Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » soom
soom [boodskap #136792] So, 06 Junie 2021 10:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
soom
Afbreking: soom


Selfstandige naamwoord: soom
Meervoud: some
Verkleinwoord: soompie
Meervoud van verkleining: soompies

Betekenis:
• Omslag of vou om klere teen uitrafeling te beskerm.
• 'n Buiterand of kantstrook van iets.

Gebruik:
• My hemp se soom het losgetrek.
• Die stad se voorstede is aan die soom van die stadsgebied geleë.

Afgelei:
• binnesoom
• soombal
• soombalbouler
• soomloos
• soomlyn
• soommasjien
• soomnaat
• soomontwikkeling
• soomsteek

Vertaling:
Engels: edge, edging, border, fringe, brim
Nederlands: zoom


Werkwoord: soom
Verlede tyd: het gesoom

Betekenis:
• Om 'n soom in te stik.

Gebruik:
• Sy soom die rok.

Afgelei:
• omsoom

Vertaling:
Engels: to hem
Nederlands: zomen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kalfakter
Volgende onderwerp: grou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 05:36:36 MGT 2024