Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voorval
voorval [boodskap #136766] Do, 03 Junie 2021 15:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorval
Afbreking: voor•val
Samestelling: voor + val


Selfstandige naamwoord: voorval
Meervoud: voorvalle
Verkleinwoord: voorvalletjie
Meervoud van verkleining: voorvalletjies

Betekenis:
• 'n Onverwagte en uitsonderlike gebeurtenis.

Gebruik:
• Die polisie ondersoek die voorval.

Sinoniem:
• affêre
• episode
• gebeurlikheid
• gebeurtenis
• geleentheid
• geval
• insident
• omstandigheid
• situasie
• toeval

Afgelei:
• voorvalleboek

Vertaling:
Engels: incident, event, occurence
Nederlands: voorval


Werkwoord: val voor, voorval
Verlede tyd: het voorgeval

Betekenis:
• By verrassing of ongeluk gebeur; voorkom; opduik.

Gebruik:
• Jammer ek is laat, iets het voorgeval.

Vertaling:
Engels: to happen, occur
Nederlands: voorvallen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: naamval
Volgende onderwerp: hardwerkend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 04:46:11 MGT 2024