Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tandheelkundige
tandheelkundige [boodskap #136736] Di, 01 Junie 2021 12:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Tandheelkundige met sy pasiënt.
'n Tandheelkundige met sy pasiënt.
tandheelkundige
Afbreking: tand•heel•kun•di•ge
Samestelling: tandheelkundige


Selfstandige naamwoord: tandheelkundige
Meervoud: tandheelkundiges

Betekenis:
• 'n Persoon wat tandheelkunde (odontologie) beoefen, soos 'n tandarts of mondhigiënis.

Gebruik:
• U sal 'n tandheelkundige moet gaan sien met daai probleem.

Sinoniem:
• tandedokter

Afkorting:
• tandh.

Vertaling:
Engels: dental surgeon, dentist
Nederlands: tandheelkundige


Byvoeglike naamwoord: tandheelkundig
Attributief: tandheelkundige

Betekenis:
• Wat die tandheelkunde betref.

Gebruik:
• Is u ooit by die Tandheelkundige Raad geregistreer?

Vertaling:
Engels: dentistry
Nederlands: tandheelkundige

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kariboe
Volgende onderwerp: voetnoot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 05:45:28 MGT 2024