Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Japannees
Japannees [boodskap #136722] So, 30 Mei 2021 19:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Japannees
Afbreking: Ja•pan•nees
Uitspraak: /jɑpɑˈniə̯s/


Byvoeglike naamwoord: Japannees
Attributief: Japannese

Betekenis:
• Wat op Japan betrekking het.

Gebruik:
• Die kos is Japannees.

Sinoniem:
• Japans

Vertaling:
Engels: Japanese
Nederlands: Japannese


Selfstandige naamwoord: Japannees
Meervoud: Japannese
Verkleinwoord: Japannesie
Meervoud van verkleining: Japannesies

Betekenis:
• 'n Inwoner van Japan, of iemand wat van Japan afkomstig is.

Gebruik:
• Sy is met 'n Japannees bevriend.

Sinoniem:
• Japanner

Afkorting:
• Jap.

Vertaling:
Engels: Japanese
Nederlands: Japannees, Japanner


Selfstandige naamwoord: Japannees
Meervoud:

Betekenis:
• Die amptelike taal van Japan wat deur sowat 128 miljoen mense gepraat word.

Gebruik:
• Sy praat Japannees.

Vertaling:
Engels: Japanese
Nederlands: Japans

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: jaarliks
Volgende onderwerp: kerf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 05:21:45 MGT 2024