Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » goudmyn
goudmyn [boodskap #136577] Di, 18 Mei 2021 08:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die skag van 'n goudmyn.
Die skag van 'n goudmyn.
goudmyn
Afbreking: goud•myn
Samestelling: goud + myn


Selfstandige naamwoord: goudmyn
Meervoud: goudmyne
Verkleinwoord: goudmyntjie
Meervoud van verkleining: goudmyntjies

Betekenis:
• 'n Plek waar goud gemyn en ontgin word.
• (figuurlik) 'n Bron van groot rykdom en welvaart.

Gebruik:
• Die goudmyne van die Witwatersrand word oor die algemeen as die winsgewendste beskou.
• Die winkel is 'n regte goudmyn.

Afgelei:
• goudmynbedryf
• goudmynindustrie
• goudmynontginning
• goudmynwerker
• goudmynwese

Vertaling:
Engels: gold mine
Nederlands: goudmijn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gomlastiek
Volgende onderwerp: ellelank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 04:26:57 MGT 2024