Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitkalwe
uitkalwe [boodskap #136354] So, 25 April 2021 16:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitkalwe
Afbreking: uit•kal•we
Samestelling: uit + kalwe


Werkwoord: kalwe uit, uitkalwe
Verlede tyd: het uitgekalwe

Betekenis:
• Met water stukkend spoel; spoelend wegvreet.
• (figuurlik) Ingegrawe of ingewortel.

Gebruik:
• Gronderosie moet aangespreek word voordat dit diep slote in die landskap uitkalwe.
• Ons voorouers het oor honderde jare 'n lewe hier uitgekalwe.

Wisselvorm:
• uitkalf
• uitkalwer

Sinoniem:
• invreet
• uitmaal
• uitspoel
• verspoel
• wegbrokkel
• wegspoel
• wegvreet

Afgelei:
• uitkalwing

Vertaling:
Engels: to wash out
Nederlands: uit te wassen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tussenwêreld
Volgende onderwerp: verdigting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:50:39 MGT 2024