Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pluiskeil
pluiskeil [boodskap #136340] Sa, 24 April 2021 08:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pluiskeil.
'n Pluiskeil.
pluiskeil
Afbreking: pluis•keil
Samestelling: pluis + keil


Selfstandige naamwoord: pluiskeil
Meervoud: pluiskeile
Verkleinwoord: pluiskeiltjie
Meervoud van verkleining: pluiskeiltjies

Betekenis:
• 'n Besonder hoë, silindervormige hoed met 'n smal rand en 'n plat kroon.

Gebruik:
• Daar word some skertsend na 'n pluiskeil as 'n kaggelpyp verwys.

Spreekwoord:
• Hoe minder harsings in sy kop, hoe hoër pluiskeil sit hy op. [Iemand steek dikwels sy gebrek aan verstand agter uiterlike vertoon weg.]

Sinoniem:
• keilhoed
• pluishoed

Afgelei:
• hardebolkeil

Verwant:
• bolkeil

Spelfout:
• pluiskuil

Vertaling:
Engels: top-hat
Nederlands: hogehoed

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pedanties
Volgende onderwerp: preuts
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:40:35 MGT 2024