Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » newel
newel [boodskap #136330] Vr, 23 April 2021 14:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
newel
Afbreking: ne•wel


Selfstandige naamwoord: newel
Meervoud: newels
Verkleinwoord: neweltjie
Meervoud van verkleining: neweltjies

Betekenis:
• (meteorologie) Mis naby die grond; lae wolke.
• (astronomie) 'n Wolk van interstellêre ruimtestof; nebula.

Gebruik:
• 'n Newel vorm as water rondom klein deeltjies wat in die lug rondsweef kondenseer.
• 'n Newel is dikwels 'n stervormende gebied, soos met die Arend-newel in die Slang-sterrebeeld.

Sinoniem:
• dynsigheid
• dynserigheid
• fynsproei
• mis
• mislaag
• mistigheid
• miswolk
• waas
• wasigheid
• wolk

Afgelei:
• benewel
• newelagtig
• newelbank
• newelbeeld
• newelboog
• neweldou
• newellig
• newelkern
• newelkring
• newellaag
• newelster
• newelstreek
• newelvlek
• newelwolk

Vertaling:
Engels: mist, haze, fog; nebula
Nederlands: nevel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: neerbuigend
Volgende onderwerp: noodgedwonge
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:24:35 MGT 2024