Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lakonies
lakonies [boodskap #136308] Di, 20 April 2021 14:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lakonies
Afbreking: la•ko•nies


Byvoeglike naamwoord: lakonies
Attributief: lakoniese

Betekenis:
• Wat kort en bondig is.

Gebruik:
• Sy toespraak was besonder lakonies vir die geleentheid.

Wisselvorm:
• lakoniek

Sinoniem:
• beknop
• bondig
• kernagtig
• kortaf
• pittig
• saaklik

Vertaling:
Engels: laconic
Nederlands: laconiek

Nota:
• Lakonies is 'n eponiem van Lakonië ('n streek in Suid-Griekeland). Die Spartane van Lakonië was bekend vir hulle kort en bondige spraak.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kwyt
Volgende onderwerp: leedvermaak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:43:06 MGT 2024