Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dikbek
dikbek [boodskap #136259] Di, 13 April 2021 15:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dikbek
Afbreking: dik•bek
Samestelling: dik + bek


Byvoeglike naamwoord: dikbek
Attributief: dikbek

Betekenis:
• Wat kwaad en stuurs is (letterlik, met gepofte wange).

Gebruik:
• Die manne het gaan visvang en die vroue sit dikbek tuis.

Sinoniem:
• diklip
• dikmond
• kwaad
• moerig
• nors
• ontevrede

Antoniem:
• vriendelik

Afgelei:
• dikbekkerig

Vertaling:
Engels: sulky, grumpy
Nederlands: chagrijnig


Selfstandige naamwoord: dikbek
Meervoud: dikbekke
Verkleinwoord: dikbekkie
Meervoud van verkleining: dikbekkies

Betekenis:
• 'n Persoon wat kwaad en stuurs is, of een van verskeie diere wat hieraan herinner, soos die dikbek-kurper.

Gebruik:
• Moet jou nie aan die dikbek steur nie.

Vertaling:
Engels: sulky person, pouter
Nederlands: kropper

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: argwaan
Volgende onderwerp: konkreet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:51:57 MGT 2024