Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kerrie
kerrie [boodskap #136141] Wo, 31 Maart 2021 17:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kerrie
Kerrie
kerrie
Afbreking: ker•rie


Selfstandige naamwoord: kerrie
Meervoud: kerrie
Verkleinwoord: kerrietjie
Meervoud van verkleining: kerrietjies

Betekenis:
• 'n Gelerige of rooierige mengsel van sterk speserye wat in kos gebruik word.
• 'n Gereg wat hiervan berei is.

Gebruik:
Kerrie bevat bestanddele soos borrie, koljander, naeltjies, gemmer en peper.
• Ons eet vanaand kerrie.

Afgelei:
• kerrie-afval
• kerrie-en-rys
• kerrie-eiers
• kerriegeel
• kerriegereg
• kerriehoender
• kerriekos
• kerriekebabs
• kerriekruie
• kerriepoeier
• kerrierys
• kerriesop
• kerrievis
• kerrievleis

Vertaling:
Engels: curry
Nederlands: kerrie, curry


Werkwoord: kerrie
Verlede tyd: het gekerrie

Betekenis:
• Met 'n kerrie berei.

Gebruik:
• Sy kerrie die kos te sterk.

Vertaling:
Engels: to curry
Nederlands: met kerrie kruiden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: spysverteringskanaal
Volgende onderwerp: smul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:23:08 MGT 2024