Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kaperjol
kaperjol [boodskap #136093] Sa, 27 Maart 2021 17:07
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kaperjol
Afbreking: ka•per•jol


Selfstandige naamwoord: kaperjol
Meervoud: kaperjolle

Betekenis:
• Die handeling van vrolik en uitbundig beweeg (soos om bokspronge te maak).
• (figuurlik) 'n Onbesonne daad; gek streek.

Gebruik:
• Die oulike katjie het ons met die een kaperjol na die ander vermaak.
• Al jou manewales en kaperjolle gaan jou nog in die moeilikheid laat beland.

Wisselvorm:
• kapriol

Sinoniem:
• bokspring
• kaskenade
• ondeundheid

Verwant:
• baljaar
• kattemaai
• kerjakker
• rinkink

Vertaling:
Engels: capriole; shenanigan
Nederlands: capriool

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skuldige
Volgende onderwerp: telefonis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:31:10 MGT 2024