Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verduister
verduister [boodskap #135997] Vr, 19 Maart 2021 14:24
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verduister
Afbreking: ver•dui•ster


Werkwoord: verduister
Verlede tyd: het verduister

Betekenis:
• Donkerder maak; van lig beroof.
• Geld steel of op 'n onwettige manier vervreem.

Gebruik:
• Die maan verduister die son.
• Die man is tronk toe gestuur omdat hy 'n miljoen rand verduister het.

Sinoniem:
• benewel
• verdoesel
• verdof
• verdonker
• versluier
• verberg

Afgelei:
• verduisteraar
• verduisterd
• verduistering

Vertaling:
Engels: to darken, obscure, eclipse; to embezzle
Nederlands: verduisteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: myl
Volgende onderwerp: howenier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:41:19 MGT 2024