Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inent
inent [boodskap #135990] Do, 18 Maart 2021 19:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20220
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vrou word ingeënt.
'n Vrou word ingeënt.
inent
Afbreking: in•ent
Samestelling: in + ent
Uitspraak: /ˈən.ɛnt/


Werkwoord: ent in, inent
Verlede tyd: het ingeënt

Betekenis:
• 'n Entstof toedien om iemand teen 'n siekte te beskerm.

Gebruik:
• Hy is toegang tot die skool geweier omdat sy ouers hom weens godsdienstige oorwegings nie teen pokke laat inent het nie.

Sinoniem:
• ent
• immuniseer
• inokuleer
• inspuit
• vaksineer

Afgelei:
• inenting

Vertaling:
Engels: to inoculate, vaccinate
Nederlands: inenten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onderskeidelik
Volgende onderwerp: inenting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 09:41:53 MGT 2024