Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wintersonstilstand
wintersonstilstand [boodskap #135940] So, 14 Maart 2021 07:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wintersonstilstand
Afbreking: win•ter•son•stil•stand
Samestelling: winter + sonstilstand


Selfstandige naamwoord: wintersonstilstand
Meervoud: wintersonstilstande

Betekenis:
• Die gebeurtenis waarby die son, vanaf die aarde gesien, die mees noordelike posisie (die Kreefskeerkring) bereik.

Gebruik:
• In die Suidelike Halfrond vind die wintersonstilstand gewoonlik op 21 Junie plaas, wat dan ook die kortste dag van die jaar is.

Sinoniem:
• midwinter
• winterpunt

Antoniem:
• somersonstilstand

Vertaling:
Engels: winter solstice
Nederlands: winterzonnestilstand

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: generasie
Volgende onderwerp: gelate
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 13:54:16 MGT 2024