Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koraal
koraal [boodskap #135910] Do, 11 Maart 2021 07:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Koraal
Koraal
koraal
Afbreking: ko•raal


Selfstandige naamwoord: koraal
Meervoud: korale
Verkleinwoord: koraaltjie
Meervoud van verkleining: koraaltjies

Betekenis:
• Ongewerwelde seediertjie in die klas van blomdiere (Anthozoa), veral dié diertjie se kalkagtige skelet.
• Kerklike koorsang; 'n plegtige, dog eenvoudige en maklik singbare kerkgesang.

Gebruik:
• 'n Klein verandering in die temperatuur of soutgehalte van die water kan sekere soorte koraal laat doodgaan.
• Die kerkkoor sing die pragtigste koraal.

Sinoniem:
• koraaldiertjie
• koorgesang

Afgelei:
• koraalagtig
• koraalbank
• koraalboek
• koraaldier
• koraaleiland
• koraalgesang
• koraalkalk
• koraalkleurig
• koraalkolonie
• koraalmos
• koraalmusiek
• koraalrif
• koraalrooi
• koraalsang
• koraalsee
• koraalslang
• koraalsteek
• koraalvisser
• koraalvormend
• koraalvorming

Vertaling:
Engels: coral
Nederlands: koraal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: katedraal
Volgende onderwerp: heenkome
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:47:29 MGT 2024