Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gespanne
gespanne [boodskap #135889] Wo, 10 Maart 2021 07:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20221
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gespanne
Afbreking: ge•span•ne


Byvoeglike naamwoord: gespanne
Vergrotende trap: meer gespanne
Oortreffende trap: mees gespanne
Attributief: gespanne

Betekenis:
• Uitgerek en gereed om met krag na die vorige toestand terug te spring.
• (figuurlik) Wat by emosionele breekpunt verkeer; naby aan die punt van uitbarsting.

Gebruik:
• Wanneer die gespanne boog se snaar losgelaat word, skiet die pyl vorentoe.
• Ons sal die gespanne situasie moet ontlont.

Spreekwoord:
• Op gespanne voet lewe. [In vyandskap met mekaar lewe.]
• Die boog kan nie altyd gespanne bly nie. ['n Bietjie rus en ontspanning is ook nodig.]

Sinoniem:
• afwagtend
• bekommerd
• gebuig
• gelaai
• gerek
• gespan
• gestres
• intens
• onrustig
• oorspanne
• rusteloos
• senuweeagtig
• snaarstyf
• spannend
• styf
• uitgerek
• toegespits

Antoniem:
• slap
• ontspanne

Afgelei:
• gespannenheid

Vertaling:
Engels: stretched, bent; strained, nervous, tense
Nederlands: gespannen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rekordhouer
Volgende onderwerp: geelhoutboom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 10:40:42 MGT 2024