Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pittigheid
pittigheid [boodskap #135817] Di, 02 Maart 2021 10:58
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20222
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pittigheid
Afbreking: pit•tig•heid
Samestelling: pittig + -heid


Selfstandige naamwoord: pittigheid
Meervoud: pittighede
Verkleinwoord: pittigheidjie
Meervoud van verkleining: pittigheidjies

Betekenis:
• Wat skerpsinnig, snaaks en humoristies is, soos 'n sêding met groot trefkrag.
• Wat sterk gegeur of branderig is.
• Wat kort en bondig is en tot die kern (pit) deurdring (en nie baie vleis om het nie).

Gebruik:
• Die mense skater van die lag soos die komediant die een pittigheid na die ander kwytraak.
• Rissies se pittigheid neem toe soos dit ryper word.

Sinoniem:
• branderigheid
• snaaksheid
• spitsvondigheid

Vertaling:
Engels: pithiness; spiciness, raciness; conciseness, succinctness
Nederlands: pittigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waskryt
Volgende onderwerp: komkommertyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 11:04:24 MGT 2024