Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rat
rat [boodskap #135787] Sa, 27 Februarie 2021 10:04
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20221
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Ratte
Ratte
rat
Afbreking: rat


Selfstandige naamwoord: rat
Meervoud: ratte
Verkleinwoord: ratjie
Meervoud van verkleining: ratjies

Betekenis:
• 'n Wiel met tande rondom die buiterand wat krag in verskillende rigtings of verhoudings oordra.

Gebruik:
• Wanneer 'n rat met min tande 'n rat met meer tande aandryf, draai die gedrewe rat stadiger, maar met 'n groter draaikrag as die dryfrat.

Spreekwoord:
• Hy draai my 'n rat voor die oë. [Iemand bedrieg.]
• Die rat van die fortuin. [Die wisselvallighede van die lewe.]

Hiponiem:
• dryfrat
• handratkas
• keëlrat
• parkeerrat
• reduksierat
• sperrat
• trandrat
• trurat
• wisselrat
• wurmrat

Afgelei:
• ratkas
• ratverhouding
• ratwisseling

Vertaling:
Engels: gear, gearwheel, cogwheel
Nederlands: rad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kombuisvlieg
Volgende onderwerp: keëlrat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 10:45:33 MGT 2024