Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verskeep
verskeep [boodskap #135718] Sa, 13 Februarie 2021 07:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20222
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verskeep
Afbreking: ver•skeep
Samestelling: ver- + skeep
Uitspraak: /fərˈskɪə̯p/


Werkwoord: verskeep
Verlede tyd: het verskeep

Betekenis:
• Per skip aanstuur of versend (of by afleiding, met 'n ander vervoermiddel).

Gebruik:
• Die Silwervloot het kosbaarhede wat van die Spaanse kolonies in die Amerikas gebuit is na Spanje verskeep.

Afgelei:
• verskeping

Vertaling:
Engels: to ship, tranship
Nederlands: verschepen


Byvoeglike naamwoord: verskeep
Attributief: verskeepte

Betekenis:
• Wat per skip (or ander vervoermiddel) aangestuur/versend is.

Gebruik:
• Die pakkie is verskeep en behoort u spoedig te bereik.

Vertaling:
Engels: ship
Nederlands: verschepen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kreefdig
Volgende onderwerp: bosluisvreter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 11:09:13 MGT 2024