Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slordig
slordig [boodskap #135632] Vr, 05 Februarie 2021 19:52
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20222
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
slordig
Afbreking: slor•dig


Byvoeglike naamwoord: slordig
Vergrotende trap: slordiger
Oortreffende trap: slordigste
Attributief: slordige
Partitief: slordigs

Betekenis:
• Wat nie skoon en versorg is nie.
• Wat nie goed gedoen of aangebied is nie.

Gebruik:
• Jy gaan nie so slordig skool toe nie, steek jou hemp in en trek jou kouse op.
• Punte sal vir slordige werk afgetrek word.

Sinoniem:
• deurmekaar
• liederlik
• morsig
• onnet
• ordeloos
• onordelik
• slodderig
• slonserig
• slonsig
• slorsig
• slompend
• verslons
• vuil
• wanordelik

Antoniem:
• netjies

Afgelei:
• slordigheid

Vertaling:
Engels: unkempt, untidy, slovenly; sloppy, careless
Nederlands: slordig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beuselagtig
Volgende onderwerp: volwasse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 11:01:03 MGT 2024