Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ekspedisie
ekspedisie [boodskap #135606] Wo, 03 Februarie 2021 14:07
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20221
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ekspedisie
Afbreking: eks•pe•di•sie


Selfstandige naamwoord: ekspedisie
Meervoud: ekspedisies
Verkleinwoord: ekspedisietjie
Meervoud van verkleining: ekspedisietjies

Betekenis:
• 'n Lang, goed beplande reis, veral om 'n onbekende gebied te verken.

Gebruik:
• Vasco da Gama was die leier van die eerste ekspedisie wat van Portugal af om Afrika na Indië gevaar het.

Sinoniem:
• avontuur
• ontdekkingstog
• ontdekkingsreis
• reis
• safari
• swerftog
• toer
• tog
• vaart

Afgelei:
• ekspedisieafdeling
• ekspedisiekantoor
• ekspedisieklerk
• ekspedisieleër
• Suidpoolekspedisie

Vertaling:
Engels: expedition
Nederlands: expeditie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nukkerig
Volgende onderwerp: garnering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 10:41:25 MGT 2024