Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pand
pand [boodskap #135479] Vr, 22 Januarie 2021 11:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pand
Afbreking: pand


Selfstandige naamwoord: pand
Meervoud: pande
Verkleinwoord: pandjie
Meervoud van verkleining: pandjies

Betekenis:
• 'n Waardevolle item wat as waarborg gehou word tot iemand sy deel van 'n ooreenkoms nakom.

Gebruik:
• Wanneer jy iets aan jou buurman leen, mag jy nie in sy huis ingaan om iets as pand te gaan vat nie. [Deuteronomium 24:10]

Sinoniem:
• sekerheid
• sekuriteit
• waarborg

Afgelei:
• pandjiesbaas
• pandjieshuis
• pandjieswinkel

Verwant:
• troupand (ring)
• verpand

Vertaling:
Engels: pledge, pawn
Nederlands: pand

Nota:
• Moenie "pand" met "pant" (baan van kledingstuk) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bosluis
Volgende onderwerp: beterweterigheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 12:23:17 MGT 2024