Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oratorium
oratorium [boodskap #135415] Sa, 16 Januarie 2021 14:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oratorium
Afbreking: o•ra•to•ri•um


Selfstandige naamwoord: oratorium
Meervoud: oratoria, oratoriums
Verkleinwoord: oratoriumpie
Meervoud van verkleining: oratoriumpies

Betekenis:
• Geestelike sangstuk vir orkes, koor en soliste, sonder rekwisiete.
• 'n Nie-openbare bidvertrek in 'n kerk; bidkapel; gebedsruimte.

Gebruik:
• In teenstelling tot 'n opera het 'n oratorium geen dekor of spesiale kostuums nie en word daar in 'n oratorium ook nie toneel gespeel nie.
• Pous Johannes IV het 'n oratorium ter ere van die Dalmasiese heiliges opgerig wat vandag nog staan.

Vertaling:
Engels: oratorio; prayer room, small chapel
Nederlands: oratorium

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: orator
Volgende onderwerp: aardgordel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 13:57:50 MGT 2024