Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kastaiing
kastaiing [boodskap #135409] Sa, 16 Januarie 2021 06:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die oopgebarste vrug van 'n kastaiingboom wat die eetbare neute bevat.
Die oopgebarste vrug van 'n kastaiingboom wat die eetbare neute bevat.
kastaiing
Afbreking: kas•tai•ing


Selfstandige naamwoord: kastaiing
Meervoud: kastaiings
Verkleinwoord: kastaiinkie
Meervoud van verkleining: kastaiinkies

Betekenis:
• 'n Eetbare neut, of een van 'n aantal sierbome van die genus Castanea wat sulke neute dra.
• Die wilde kastaiing (perdekastaiing) van die genus Aesculus.

Gebruik:
• Sy eet 'n gebraaide kastaiing.
• Die hout van die wildekastaiing is duursaam, maar die vrugte is giftig.

Afgelei:
• kastaiingagtig
• kastaiingboom
• kastaiingbruin
• kastaiinghout
• kastaiingkleur
• kastaiingkleurig
• kastaiinglaan
• seekastaiing
• wildekastaiing

Vertaling:
Engels: chestnut; chestnut tree
Nederlands: kastanje, kastanjeboom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: belegger
Volgende onderwerp: sinies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 12:53:51 MGT 2024