Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hert
hert [boodskap #135392] Do, 14 Januarie 2021 19:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Verskeie herte.
Verskeie herte.
hert
Afbreking: hert
Uitspraak: /ɦɛrt/


Selfstandige naamwoord: hert
Meervoud: herte
Verkleinwoord: hertjie
Meervoud van verkleining: hertjies

Betekenis:
• Een van verskeie spesies wildsbokke van die Noordelike Halfrond met getakte horings (subfamilie Cervinae).

Gebruik:
• Die jagter het 'n hert geskiet.

Sinoniem:
• takbok

Hiperoniem:
• bok

Hiponiem:
• edelhert
• ree
• reebok
• rooihert

Afgelei:
• hertegewei
• hertejag
• hertekalf
• hertekamp
• hertevleis
• hertooi
• hertram

Vertaling:
Engels: deer
Nederlands: hert
Xhosa: ixhama laphesheya

Nota:
• Moenie "hert" met "herd" (vuurmaakplek) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geïrriteerd
Volgende onderwerp: sigeuner
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 13:45:18 MGT 2024