Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » loopgraaf
loopgraaf [boodskap #135371] Wo, 13 Januarie 2021 10:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Loopgraaf.
'n Loopgraaf.
loopgraaf
Afbreking: loop•graaf
Samestelling: loop + graaf
Uitspraak: /ˈlʊə̯pˌχrɑːf/


Selfstandige naamwoord: loopgraaf
Meervoud: loopgrawe
Verkleinwoord: loopgraafie
Meervoud van verkleining: loopgraafies

Betekenis:
• Sloot of gang in die grond om soldate teen vyandelike vuur te beskerm.

Gebruik:
• Christiaan Botha het op 16 Februarie 1900 'n noue ontkoming gehad toe 'n bom in 'n loopgraaf ontplof en sewe burgers hulle lewens verloor het.

Spreekwoord:
• In die laaste loopgraaf staan. [Veg vir 'n saak wat verlore lyk.]

Afgelei:
• loopgraafkoors
• loopgraafmortier
• loopgraafoorlog

Vertaling:
Engels: trench
Nederlands: loopgraaf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ontsettend
Volgende onderwerp: watsenaam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 13:51:33 MGT 2024