Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kraaines
kraaines [boodskap #135294] Do, 07 Januarie 2021 17:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kraaines
Afbreking: kraai•nes
Samestelling: kraai + nes


Selfstandige naamwoord: kraaines
Meervoud: kraaineste
Verkleinwoord: kraainessie
Meervoud van verkleining: kraainessies

Betekenis:
• Die nes van 'n kraai.
• Uitkykpunt (platform of hokkie) op die mas van 'n skip.
• Geknoopte of gekoekte lyn/tou, of figuurlik, 'n deurmekaarspul.

Gebruik:
• 'n Kraaines bevat dikwels waardevolle items omdat kraaie daarvan hou om blink voorwerpe te versamel.
• Die seeman op die kraaines gebruik sy verkyker om vir land, gevaar en ander skepe uit te kyk.
• Wat 'n kraaines van teenstrydige feite!

Vertaling:
Engels: crow's nest
Nederlands: kraaiennest

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: korf
Volgende onderwerp: wentel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 12:40:01 MGT 2024