Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » romanties
romanties [boodskap #135194] Wo, 30 Desember 2020 19:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
romanties
Afbreking: ro•man•ties


Byvoeglike naamwoord: romanties
Vergrotende trap: romantieser
Oortreffende trap: romantiesste
Attributief: romantiese

Betekenis:
• Gekenmerk deur emosies van liefde en verliefdheid.
• Iets mooier en aangenamer voorstel as wat dis werklik is; geheimsinnig en avontuurlik; digterlik dromend.
• Wat die Romantiek betref (kunsbeweging van die laat 18de en vroeë 19de wat die klassieke voorskrifte breek).

Gebruik:
• Jy kan die atmosfeer intiem en romanties maak deur kerse aan te steek en sagte musiek in die agtergrond te speel.
• Sy is van nature dromerig en romanties.
• Hy was 'n romantiese skilder van formaat.

Sinoniem:
• avontuurlik
• dromerig
• eksoties
• geïdealiseer
• gevoelvol
• idealisties
• rooskleurig
• sentimenteel
• utopies

Vertaling:
Engels: romantic
Nederlands: romantisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: karet
Volgende onderwerp: gerug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 14:57:28 MGT 2024