Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voorspel
voorspel [boodskap #135153] So, 27 Desember 2020 17:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20225
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorspel
Afbreking: voor•spel
Samestelling: voor + spel


Werkwoord: voorspel
Verlede tyd: het voorspel

Betekenis:
• 'n Uitspraak oor die toekoms maak; profeteer.

Gebruik:
• Wat het profeet voorspel?

Afgelei:
• voorspelde
• voorspeller
• voorspelling

Vertaling:
Engels: to predict, foretell, forecast
Nederlands: voorspellen


Selfstandige naamwoord: voorspel
Meervoud: voorspelle
Verkleinwoord: voorspelletjie
Meervoud van verkleining: voorspelletjie

Betekenis:
• Inleiding tot 'n toneel- of musiekstuk.
• Spel wat deur die voorspelers gelewer word.
• Liefdespel voor omgang.

Gebruik:
• Die opvoering se voorspel was treffend.
• Die afrigter sal aan die Bokke se voorspel moet werk.
Voorspel is 'n belangrike komponent van enige romantiese verhouding.

Sinoniem:
• prelude

Vertaling:
Engels: prelude, prologue; forwardplay; foreplay
Nederlands: voorspel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stoflik
Volgende onderwerp: etileen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:03:44 MGT 2024