Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » frekwensie
frekwensie [boodskap #135143] So, 27 Desember 2020 09:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20225
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Golwe met verskeie frekwensies.
Golwe met verskeie frekwensies.
frekwensie
Afbreking: fre•kwen•sie


Selfstandige naamwoord: frekwensie
Meervoud: frekwensies
Verkleinwoord: frekwensietjie
Meervoud van verkleining: frekwensietjies

Betekenis:
• Hoe gereeld iets voorkom of in 'n bepaalde tyd gebeur.
• Golflengte vir 'n uitsending.

Gebruik:
• Plaasaanvalle is besig om in frekwensie toe te neem. Die frekwensie van Engelse woorde in die stuk is lastig.
• Op watter frekwensie saai Radio Pretoria uit?

Afgelei:
• frekwensielys
• frekwensiemodulasie
• frekwensiespektrum
• frekwensieverdeling
• frekwensiewoordeboek

Vertaling:
Engels: frequency
Nederlands: frequentie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fortuin
Volgende onderwerp: ga
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 16:53:41 MGT 2024