Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aardig
aardig [boodskap #135138] So, 27 Desember 2020 08:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20225
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aardig
Afbreking: aar•dig


Byvoeglike naamwoord: aardig
Vergrotende trap: aardiger
Oortreffende trap: aardigste
Attributief: aardige
Partitief: aardigs

Betekenis:
• Wat vreemd of snaaks is; raar.
• Baie groot; aansienlik.

Gebruik:
• Wat 'n aardige vent. Dit is darem nie te aardig nie.
• Dit het 'n aardige bedrag geld gekos.

Afgelei:
• aardigheid

Vertaling:
Engels: weird, queer, strange; considerable, substantial
Nederlands: vreemd, snaaks; aardig

Nota:
• "Aardig" is 'n valse vriend en beteken "aangenaam, gaaf of grappig, vriendelik" in Nederlands.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kapstok
Volgende onderwerp: evolusie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:11:13 MGT 2024