Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sitbeen
sitbeen [boodskap #135130] Sa, 26 Desember 2020 14:37
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Nommer 7 is 'n sitbeen.
Nommer 7 is 'n sitbeen.
sitbeen
Afbreking: sit•been
Samestelling: sit + been


Selfstandige naamwoord: sitbeen
Meervoud: sitbene
Verkleinwoord: sitbeentjie
Meervoud van verkleining: sitbeentjies

Betekenis:
• Een van die twee boogvormige bene van die bekkengordel (pelvis) waarop 'n mens rus as jy sit.

Gebruik:
• Elke heupbeen word uit drie saamgesmelte bene gevorm: die dermbeen, sitbeen en die skaambeen.

Sinoniem:
• iskium (mv. iskia)
os ischium

Vertaling:
Engels: ischium
Nederlands: zitbeen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: affronteer
Volgende onderwerp: skaambeen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:17:37 MGT 2024