Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » broei
broei [boodskap #135112] Vr, 25 Desember 2020 16:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
broei
Afbreking: broei


Werkwoord: broei
Verlede tyd: het gebroei

Betekenis:
• Eiers warm hou tot die kleintjies uitkom.
• Warm word of benoud warm kry.
• Ernstig oor iets nadink; peins; tob.
• Planne beraam; in wording wees.

Gebruik:
• 'n Volstruiseier neem 35 tot 40 dae om uit te broei.
• Dit is lekker om in die winter in die sonnetjie te broei.
• Dit help nie om daaroor te broei nie.
• Wat se onheil is nou weer aan die broei?

Spreekwoord:
• 'n Randeier broei nooit 'n gesonde kuiken uit nie. [Van 'n losbol kom nooit iets tereg nie.]

Afgelei:
• broeiend
• broeier
• broeierig
• broeiery
• broeigebied
• broeigewoontes
• broeihen
• broeihitte
• broeihok
• broeihuis
• broeikas
• broeikolonie
• broeimasjien
• broeines
• broeipaar
• broeiperiode
• broeiplek
• broeiseisoen
• broeisel
• broeityd
• uitbroei

Vertaling:
Engels: to brood, incubate, hatch
Nederlands: broeien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: briljant
Volgende onderwerp: boosdoener
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 14:47:49 MGT 2024