Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onderkant
onderkant [boodskap #135098] Do, 24 Desember 2020 10:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onderkant
Afbreking: on•der•kant
Samestelling: onder + kant


Selfstandige naamwoord: onderkant
Meervoud: onderkante
Verkleinwoord: onderkantjie
Meervoud van verkleining: onderkantjies

Betekenis:
• Die onderste deel van iets; basis.

Gebruik:
• Vee asseblief die onderkant van die bak af.

Antoniem:
• bokant

Vertaling:
Engels: lower side, bottom
Nederlands: onderkant


Bywoord: onderkant

Betekenis:
• Wat onder iets anders lê; aan die kant wat onder is.

Gebruik:
• Die oewer van die Dooie See lê sowat 400 m onderkant seevlak.

Afgelei:
• onderkantse
• onderkantste

Vertaling:
Engels: below
Nederlands: beneden, onder


Voorsetsel: onderkant

Betekenis:
• Laer af.

Gebruik:
Onderkant die rugbyveld is die pawiljoen.

Vertaling:
Engels: below
Nederlands: beneden, onder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: agtelosig
Volgende onderwerp: gasvry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 14:36:20 MGT 2024