Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » behoorlik
behoorlik [boodskap #134922] Di, 08 Desember 2020 15:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20225
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
behoorlik
Afbreking: be•hoor•lik


Byvoeglike naamwoord: behoorlik
Vergrotende trap: behoorliker
Oortreffende trap: behoorlikste
Attributief: behoorlike
Partitief: behoorliks

Betekenis:
• Soos iets behoort te wees; paslik; fatsoenlik.
• In hoë mate; deeglik; nogal erg; baie.

Gebruik:
• Wanner 'n mens 'n kind behoorlik wil grootmaak, moet jy hom straf as hy dit verdien.
• Ons het behoorlik partytjie gehou.

Spreekwoord:
• Die ark is vandag behoorlik oop. [Almal kom kuier.]
• Hulle peper hom behoorlik. [Kwaai tref, toetakel.]

Afgelei:
• behoorlikheid
• behoorlikheidshalwe

Vertaling:
Engels: properly, thoroughly
Nederlands: behoorlijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verdraagsaam
Volgende onderwerp: dobbel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 16:53:58 MGT 2024