Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dronklap
dronklap [boodskap #134908] So, 06 Desember 2020 20:11
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dronklap
Afbreking: dronk•lap
Samestelling: dronk + lap


Selfstandige naamwoord: dronklap
Meervoud: dronklappe
Verkleinwoord: dronklappie
Meervoud van verkleining: dronklappies

Betekenis:
• Persoon wat gereeld dronk is; iemand wat aan drank verslaaf is.

Gebruik:
• Die dronklap en die vraat maak hulleself arm. Die roes van dronkenskap laat hulle in vodde loop. [Spreuke 23:21]

Sinoniem:
• alkoholis
• dipsomaan
• drankmisbruiker
• dranksugtige
• drankverslaafde
• suiplap

Vertaling:
Engels: drunkard
Nederlands: dronkenlap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: draagbaar
Volgende onderwerp: dut
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:55:27 MGT 2024