Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skaakmat
skaakmat [boodskap #134836] Di, 01 Desember 2020 10:10
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skaakmat
Afbreking: skaak•mat
Samestelling: skaak + mat


Selfstandige naamwoord: skaakmat
Meervoud:

Betekenis:
• Toestand waar die koning tydens 'n skaakspel in skaak is, en so sal bly ongeag hoe hy verder geskuif word.

Gebruik:
• 'n Speler wat in skaakmat is verloor die spel.

Spreekwoord:
• Hulle is skaakmat. [Daar is geen uitweg nie.]

Sinoniem:
• mat

Vertaling:
Engels: checkmate
Nederlands: schaakmat


Tussenwerpsel: skaakmat

Betekenis:
• Uitroep deur 'n skaakspeler wanneer hy sy opponent in skaakmat sit.

Gebruik:
• Ek het jou! Skaakmat!

Vertaling:
Engels: checkmate
Nederlands: schaakmat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sondak
Volgende onderwerp: teikengehoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:25:31 MGT 2024