Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voorbehoud
voorbehoud [boodskap #134759] Vr, 27 November 2020 07:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorbehoud
Afbreking: voor•be•houd
Samestelling: voorbehou + -d


Selfstandige naamwoord: voorbehoud
Meervoud: voorbehoude

Betekenis:
• 'n Voorwaarde of beperking.
• 'n Reg wat opgeëis word (en nie afgestaan word nie).

Gebruik:
• God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. [Jakobus 1:5]
• Dit is goed so, maar ek het wel een voorbehoud.

Sinoniem:
• bepaling
• beperking
• kondisie
• kwalifikasie
• reservasie
• vereiste

Afgelei:
• voorbehoudsbepaling

Vertaling:
Engels: reservation, restriction
Nederlands: voorbehoud

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voorman
Volgende onderwerp: warrelwind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:59:23 MGT 2024