Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wildsbok
wildsbok [boodskap #134755] Do, 26 November 2020 11:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wildsbok.
'n Wildsbok.
wildsbok
Afbreking: wilds•bok
Samestelling: wild + -s- + bok


Selfstandige naamwoord: wildsbok
Meervoud: wildsbokke
Verkleinwoord: wildsbokkie
Meervoud van verkleining: wildsbokkies

Betekenis:
• Plantvretende ewehoewige soogdier wat in die natuur voorkom, 'n lid van die familie Bovidae.

Gebruik:
• Dit is onwaarskynlik dat 'n wildsbok in die natuur ouer as tien jaar sal word weens die groot getalle wat deur roofdiere gevang word.

Wisselvorm:
• wildbok

Sinoniem:
• antiloop
• bok

Hiponiem:
• bontebok
• eland
• gemsbok
• hartbees
• klipspringer
• koedoe
• rooibok
• springbok
• waterbok
• wildebees

Vertaling:
Engels: antelope
Nederlands: antilope

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voormiddag
Volgende onderwerp: ditto
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:23:27 MGT 2024