Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » diarree
diarree [boodskap #134691] So, 22 November 2020 08:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
diarree
Afbreking: di•ar•ree


Selfstandige naamwoord: diarree
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Oorvloedige, wateragtige ontlasting wat veroorsaak dat die lyer kort-kort na die badkamer moet hardloop.

Gebruik:
Diarree kom voor wanneer die dermwande se slymvlies geïrriteer of geïnflammeer raak.

Sinoniem:
• appelkoossiekte
• buikloop
• gietergat
• loopmaag
• maagwerking
• skittery
• spuitpoep

Vertaling:
Engels: diarrhea
Nederlands: diarree

Nota:
• Samevoeging van die Griekse woorde "dia" (deur) en "rheo" (stroom).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opdateer
Volgende onderwerp: kolgans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 20:05:04 MGT 2024