Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dwergster
dwergster [boodskap #134667] Sa, 21 November 2020 15:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dwergster
Afbreking: dwerg•ster
Samestelling: dwerg + ster


Selfstandige naamwoord: dwergster
Meervoud: dwergsterre
Verkleinwoord: dwergsterretjie
Meervoud van verkleining: dwergsterretjies

Betekenis:
• Ster in die hoofreeks van die Hertzsprung-Russell-diagram wat vanweë kernfusie waterstof in helium omsit, by verreweg die algemeenste tipe ster.

Gebruik:
• Ons son is 'n dwergster ('n geeldwerg om presies te wees) van medium grootte.

Sinoniem:
• hoofreeksster

Antoniem:
• niehoofreeksster

Hiponiem:
• rooidwerg
• geeldwerg
• bloudwerg

Verwant:
• bruindwerg
• swartdwerg
• witdwerg

Vertaling:
Engels: dwarf star
Nederlands: dwergster

Nota:
• Sommige substellêre voorwerpe het ook "dwergster" in hul naam, maar is nie hoofreekssterre nie en dus nie werklik dwergsterre nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: draaikolk
Volgende onderwerp: geeldwerg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 20:22:27 MGT 2024